city in a box

Your collection of SA’s cities:

The “city-in-a-box” range explores the urban topography of South African cities. City-in-a-Box pop-up cards are part of the series of products developed around the cities Pretoria, Bloemfontein, Cape Town and Joburg (to date).  The idea is simple – (re-)discover our cities or simply re-imagine them. The idea of a pop-up card was inspired by a small, square, white pop-up card of London, dating from 2011, which we bought at the Tate Modern. 

While most of us would enter the city along the highway, the first glimpse of Cape Town-in-a-box is the sea and small boats along the shoreline – framing the card.   One of the oldest original areas, the colourful Bo-Kaap (Cape Malay Quarter) is portrayed to one side, while the V&A Waterfront is portrayed to the other. Colonial ancestors would have arrived from the sea, and Table Mountain would have made a remarkable first impression to the weary seafarers.  The outline of the City Bowl is visible behind the cut-out of the Bo-Kaap.  It is a natural amphitheatre-shaped area bordered by Table Bay and defined by the mountains of Signal Hill, Lion’s Head, Table Mountain and Devil’s Peak as backdrop.

 Leeukop is tussen Tafelberg en Seinheuwel geleë. Die gebied is van besondere belang vir die Kaapse Maleiergemeenskap, wat histories in die Bo-Kaap naby Leeukop gewoon het. ‘n Aantal geskiedkundige grafte en tempels (kramats) van Maleise leiers is op die laer hange geleë.

Die volgende insetsel kom vanaf http://www.mieliestronk.com/landmerke.html:

 Dit was ook die dae toe skeepskapteins, vanweë die lang en vermoeiende seereise van destyds, soms selfs tien guldens en ’n bottel wyn uitgeloof het aan die eerste seeman wat Tafelberg gewaar. Op helder dae is die berg van tot 200 km op die oop see sigbaar. Vandag is Tafelberg,  wat tot nasionale monument verklaar is, steeds ’n onvergeetlike gesig vir toeriste van heinde en ver.

Die 1086 meter hoë Tafelberg bestaan hoofsaaklik uit twee soorte rots — ’n basis van graniet en die hoofmassa van sandsteen, wat deur horisontale en vertikale krake in blokke verdeel word. Leiklip kom ook kol-kol tussen die graniet voor, maar is minder algemeen.

Dis verstommend om daaraan te dink dat Tafelberg, volgens geleerdes, in die jong dae van die aarde onder die see gevorm is en ná opeenvolgende geologiese tydperke van opwelling en erosie sy huidige vorm aangeneem het.

Tafelberg se “voorkant” of noordelike aansig, met die twee syspitse Duiwelspiek oos en Leeukop wes van die “tafel”, word die meeste op toeristefoto’s afgebeeld. Maar die berg troon ook oor die reeks berge aan sy “agterkant” wat die ruggraat van die Kaapse Skiereiland vorm en waarvan ‘n groot deel in die Kaapse Skiereiland Nasionale Park geleë is.

PRYS OP AANVRAAG

(LIMITED RANGE)