Wit perd borsspelde

STORIE AGTER DIE PERD:

Die wit perd van Bloemfontein is in klip uitgepak teen Naval Hill, 12 m hoog en van kop tot stert 20 m – en dus van ver af sigbaar.

Daar is meer as een legende rondom die oorsprong van die perd: Die een is dat die Wiltshire-regiment die wit perd in die Anglo-Boereoorlog (ABO) daar gepak en geverf het om aan te dui dat die Tommies daar vars perde kon kry. Die soldate, wat van Thaba Nchu en Ladybrand se kant gekom het, moes dit van ver af kon sien.

Die ander weergawe is dat die Suid-Sotho’s beweer die wit perd moet met koning Lerothodi van die Basotho’s verbind word.
WoW het besluit om die wit perd as een van die produkte rondom Bloemfontein te ontwikkel – as ‘n wit borsspeld of pendant om om jou nek te dra.

PRYS:

Elke handgemaakte kaartjie kos R150 en dit sluit ’n pragtige handgemaakte koevert in.

(LIMITED RANGE)